Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer vermoor toe hy heining herstel

Die moord op ’n boer is een van drie afsonderlike plaasaanvalle Vrydag in die Kameeldrift-omgewing noord van Pretoria.

In die jongste voorval is ’n boer Vrydagmiddag deur twee mans oorval waar hy besig was om sy elektriese heining op ’n hoewe aan Rinkhalsweg te herstel.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die voorval was omstreeks 14:00. Die gewapende mans het op die boer losgebrand en gevlug.

Die boer het op die toneel aan sy beserings beswyk.

Die polisie probeer nog sy naasbestaandes opspoor, dus mag sy naam nog nie bekend gemaak word nie.

Volgens Makhubele is die motief vir die voorval nog onbekend. Dit is ook nog nie duidelik of die boer beroof is nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, sê dié moord is een van drie voorvalle wat Vrydag in die Kameeldrift-omgewing aangemeld is.

Die eerste was omstreeks 09:50 by Kameelfontein. In dié voorval is werkers deur twee mans oorval. ’n Bakleiery het ontstaan en een van die aanvallers is beseer. Die mans het gevlug nadat hulle die werkers vasgebind het.

’n Rukkie later is werkers op ’n buurhoewe aangeval en vasgebind.

Ure ná die twee voorvalle is die boer op sy hoewe doodgeskiet, sê Coetzer.

Coetzer sê die polisie, AfriForum en die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum jag die boer se moordenaars. Die omgewing word gefynkam vir leidrade.

Meer oor:  Plaasmoord  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.