Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer weer roofbende in huis af nadat honde vergiftig is

’n Boer van Heilbron het Vrydagoggend omstreeks 04:00 ’n plaasaanval afgeweer nadat ’n bende rowers wat hul vyf honde vergiftig het, reeds naby sy slaapkamer was.

Chris Labuschagne (58) en sy vrou, Carien (57), bly op die plaas Palestina tussen Heilbron en Sasolburg.

Hy sê sy honde, drie labradors en twee Jack Russels, het Donderdagaand teen 23:00 erg geblaf.

“Hier is soms rondloperhonde en ek het gedink dis waarvoor hulle blaf,” sê hy.

Die honde het later stil geraak.

“Dit was natuurlik omdat hulle toe dood is,” sê Labuschagne, wat later uitgevind het die honde is almal vergiftig.

Daar was nog mense in die huis. Iemand het iewers geskreeu en toe vlug hulle. My laaste versperring het gestaan.

Hy het Vrydagoggend omstreeks 04:00 van ’n geritsel en geluide wakker geword.

“Ek het ’n flitslig of selfoonliggie gesien skyn en my vuurwapen gevat en gaan kyk,” sê hy.

Toe hy om die hoek loer, het hy die mans by ’n staalhek in die huis gesien en twee skote afgevuur.

“Daar was nog mense in die huis. Iemand het iewers geskreeu en toe vlug hulle. My laaste versperring het gestaan,” sê hy.

Die aanvallers het by sy motorhuis ingebreek om in ’n binnehof te kom vanwaar hulle die kombuis se diefwering oopgebreek het. Hierna het hulle deur ’n veiligheidsdeur gebreek en tot by die tweede en laaste veiligheidsdeur gekom.

“Hulle het die eerste veiligheidsdeur se sleutel iewers gekry en gebruik om die tweede deur te probeer opsluit,” sê hy.

Labuschagne sê dit het gevoel soos ’n rolprent wat in stadige aksie afspeel.

“Dit was ’n gesukkel om te bel. ’n Mens se hande bewe en jy is vol adrenalien.”

Hy het Heilbron se beheerkamer en van sy bure gebel.

“Binne tien minute was die eerste mense hier,” sê hy.

Dis ’n groot huis. Hulle het baie moeite gedoen om tot by die laaste veiligheidsdeur te kom.

Hy glo die aanvallers is goed opgelei en beslis nie amateurs nie. Hy dink hulle wou by hom of by sy kluis uitkom.

Die polisie kon Vrydag geen vingerafdrukke op die toneel kry nie en sê die mans het handskoene gedra. Al wat gesteel is, is Carien se motorsleutel.

“Dis ’n groot huis. Hulle het baie moeite gedoen om tot by die laaste veiligheidsdeur te kom,” sê hy.

Labuschagne boer deeltyds met beeste en is ook ’n projekingenieur.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Heilbron  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.