Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boere: Dade, nie woorde, nodig vir beveiliging – VF Plus

Net dade, en nie woorde nie, sal boere op plase veiliger maak, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

De regering erken landelike veiligheid is ’n groot uitdaging. Foto: Argief

Hy sê in ’n mediaverklaring die onlangse bekendstelling van die polisie se landelike veiligheidsplan en die uitsprake van Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, oor die probleme wat boere raak, is bemoedigend, maar niks sal sonder daadwerklike optrede verander nie.

Die VF Plus verwelkom verskeie aspekte van die landelike veiligheidsplan, soos groter inklusiwiteit in die beplanning en optrede en die daarstel van snelreaksie-eenhede, sê hy.

Die verslag oor die plan wys egter self uit waarom vorige soortgelyke planne misluk het, en die nuwe plan is ook gedoem tot mislukking indien dié lesse nie ter harte geneem word nie.

Die 2011-’12-plan, asook die 2017-’18-plan, is luidens die verslag om verskeie redes nie volledig landwyd in werking gestel nie.

Dit is volgens Groenewald bemoedigend dat die polisie erken dat interdepartementele probleme daartoe gelei het.

Onvoldoende en onvolhoubare mense- en logistieke hulpbronne in landelike polisiewyke, sonder inagneming van die belangrikheid van infrastruktuur soos paaie, het die plan verder gekelder.

Thoko Didiza. Foto: Elizabeth Sejake

Dié probleme en die identifisering daarvan kom neer op ’n erkenning dat die plan in die verlede ondeurdag en prakties onuitvoerbaar was, sê Groenewald.

Die VF Plus wil die minister van polisie, Bheki Celi, daarop wys dat dieselfde probleme, soos ’n tekort aan geld en mannekrag, steeds die werklikheid is. Die minister self het erken dat die polisie tans met 60 000 lede onderbeman is.

Die impak op boere weens gewone misdaad soos veediefstal, huisbraak en diefstal, en die moeilike polisiëring daarvan weens die genoemde probleme, word ook in die verslag uitgewys, sê Groenewald.

Hy sê dit is nogtans ’n goeie vertrekpunt om die foute wat in die verlede gemaak is te erken, en om te erken dat die beveiliging van landelike gebiede en die landbougemeenskap in die besonder ’n prioriteit vir die polisie moet wees en dat spesiale beplanning en samewerking daarvoor nodig is.

Die stryd wat Suid-Afrika se boere teen die elemente voer, veral met die heersende knellende droogte, is reeds ’n wesenlike stryd om oorlewing. Daar kan nie van hulle verwag word om boonop ’n oorlewingstryd teen misdaad te voer nie, sê Groenewald.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.