Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boere kwaad oor veedief as polisielid in Vrystaat werk

Vrystaatse boere is omgekrap omdat ’n veroordeelde veedief, Nomisela Nkotlo, steeds as polisielid in Hennenman se polisiekantoor diens doen.

Sy is in April verlede jaar in die naburige Ventersburg saam met ander veediewe op ’n plaas vasgetrek.

Nkotlo is in November skuldig bevind en tot nege maande tronkstraf of ’n boete van R3 000 gevonnis.

Nkotlo werk volgens inligting as ’n administratiewe beampte op Hennenman.

Brig. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê egter mense moet besef dat die polisie aan arbeidswetgewing en -prosedures onderworpe is.

Netwerk24 verneem dat ’n polisielid wat aan ’n misdryf skuldig bevind is, maar die opsie van ’n boete gegee is, wel nog as lid diens mag doen, afhangende van die uitslag van ’n interne verhoor ná die skuldigbevinding.

Makhele het verduidelik dat Nkotlo aanvanklik in ’n dissiplinêre verhoor deur die polisie onskuldig bevind is. Daarna is sy egter in die strafregtelike verhoor skuldig bevind.

Makhele het by navraag gesê: “Ons hou by die voorskrifte van die wet en daar is voortgesette interne stappe teen die lid.”

Hy wou nie verder hierop uitwei nie, maar Netwerk24 verneem ’n interne verhoor kan wel weer teen ’n lid gehou word wat voorheen onskuldig bevind is indien nuwe inligting in ’n strafsaak aan die lig gekom het.

Makhele sê die polisie beskou dit in ’n baie ernstige lig as ’n polisielid deur die hof aan ’n misdryf skuldig bevind word.

“Die betrokke lid het beslis nie losgekom nie en sal weer verhoor word, maar dit is belangrik dat die polisie die voorskrifte van die wet en ook arbeidswette nakom,” sê hy.

Die betrokke lid het beslis nie losgekom nie en sal weer verhoor word, maar dit is belangrik dat die polisie die voorskrifte van die wet en ook arbeidswette nakom.

Op die vraag hoe lank dit duur voordat ’n interne verhoor plaasvind aangesien Nkotlo reeds in November gevonnis is, wou hy nie meer besonderhede verskaf nie.

Makhele sê ’n dissiplinêre verhoor is ’n bestuursfunksie waarvan die uitkoms nie aan die publiek bekend gemaak mag word nie.

Hy sê veediefstal bly ’n prioriteitsmisdaad vir die polisie en die goeie betrekkinge tussen die polisie en boeregemeenskappe spreek hiervan.

Boere het hulle verlede week skerp uitgespreek op sosialemediagroepe nadat dit aan die lig gekom het dat Nkotlo steeds as polisielid in Hennenman werksaam is.

Makhele ontken egter gerugte dat sy deur die polisie onskuldig bevind is nadat sy in die hof skuldig bevind is.

Tommie Esterhuyse, ondervoorsitter van Vrystaat Landbou (VL) sê die organisasie het nou gevra om met lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiekommissaris, oor die saak te vergader.

Boere voel die polisie neem nie veediefstal ernstig genoeg op nie en dat ’n lid wat skuldig bevind is aan ’n misdaad nie in die diens hoort nie.

Meer oor:  Veedief  |  Hennenman  |  Nomisela Nkotlo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.