Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boere moet ‘doodsheid’ ná aanval verwerk, sê sielkundige

Ure nadat ’n drama op ’n Vrystaatse dorp afgespeel het toe een van die vermeende moordenaars in ’n onlangse plaasaanval ontsnap het, het ’n pastorale sielkundige die boeregemeenskap toegespreek oor hoe om trauma ná ’n plaasaanval te hanteer.

Die sielkundige dr. Frans Minnie het Maandagaand ’n praatjie by die NG kerk in Boshof gelewer oor hoe om trauma na ’n plaasaanval te hanteer. Dit kom ’n maand nadat Ina en Sakkie van der Berg wreed op die plaas Bloubos vermoor is. Foto: Cheréne Pienaar

Dr. Frans Minnie, wat praktyke in Gauteng en die Kaap het, het Maandagaand ’n praatjie by die NG kerk in Boshof gelewer. Dit is ’n maand nadat Ina en Sakkie van der Berg wreed op die plaas Bloubos vermoor is.

Een van die verdagtes was Maandag in die landdroshof op die dorp vir ’n ander saak. Hy was glo in voet- en handboeie toe hy ontsnap het, maar is ’n uur later agter die poskantoor, langs die hof, gekry nadat die polisie hom met die hulp van hul honde-eenheid opgespoor het.

Die nuus van sy ontsnapping het soos ’n veldbrand deur die dorp versprei, waar inwoners steeds erg geskok is ná die moorde op die geliefde egpaar.

Minnie, ook ’n berader op Radio Kansel, bied lesings en berading landwyd aan waar plaasaanvalle voorkom.

Dr. Jane Buys, ’n veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, het onlangs aanbeveel dat hy dié dorp besoek nadat sy self daar was.

Minnie sê die kern van sy boodskap is dat daar altyd hoop is. “Ons raak so maklik moedeloos, en dit kan lei tot depressie, en ons moenie daar kom nie.”

Willem van Niekerk, ’n boer in die distrik wat die praatjie bygewoon het, sê die plaaslewe het sy sjarme van destyds verloor, en boere is versigtiger as ooit. “Jy slaap saans onrustig. Soggens as ons wakker word, loer jy eers deur die vensters en kyk of die store nog toe is. Dit is anders as in die ou dae.”

Hy sê almal dra nou konstant wapens by hulle en dít intimideer plaaswerkers asook ander in die gemeenskap. “Nou kom jy by ’n rugbywedstryd en almal sien dié ou het ’n pistool by hom. Dit doen iets aan ’n ou se kop.”

Hulle betaal jou nou R4 000 per ha. Tree jy nou af met R3 miljoen is dit beslis nie genoeg vir ’n siekefonds en al daai goed nie.

Minnie sê dit gaan nie oor die trauma wat ’n gemeenskap ná ’n aanval beleef nie, maar die warboel emosies wat dit ontlok.

“As daar dood was, vat dit minstens twee tot drie jaar om deur dit te werk.”

Hy het gesê baie boere verlaat hul plase weens plaasaanvalle. “Want hulle voel onveilig. En dan ly die bedryf skade. Boere verkeer in angs, en dan oorreageer hulle ná die tyd. Verstedeliking vind plaas.”

’n Boeregemeenskap kan posttraumatiese stres, of ’n “doodsheid” ervaar, en dit is noodsaaklik dat dié vorm van posttraumatiese stres getakel word.

Van Niekerk sê dit is nie net misdaad wat boere negatief stem nie. Hul grond was tot onlangs R10 000 tot R12 000 per hektaar werd.

“Hulle betaal jou nou R4 000 per ha. Tree jy nou af met R3 miljoen is dit beslis nie genoeg vir ’n siekefonds en al daai goed nie.”

* Lolo Johannes Sekgroro (41), Daniël Sidas Lephele (44), Daniël Tsekiso Selwane (26) en Terrence Kat Thami (35) staan tereg op aanklagte van moord en roof op die Van der Berg-egpaar. Hul verhoor is tot 30 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Meer oor:  Dr. Frans Minnie  |  Ina En Sakkie Van Der Berg  |  Boshof  |  Boere  |  Landbou  |  Doodsheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.