Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boere trek 4 ‘plaasaanvallers’ by Coligny vas

Boere in die Coligny-omgewing in Noordwes het Dinsdagmiddag vier vermeende plaasaanvallers agtervolg en hulle in ’n township by die dorp vasgetrek.

Die polisie het die vier kort daarna in hegtenis geneem, het lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, gesê.

Die blou bakkie wat in ’n plaasaanval naby Coligny geroof is. Foto: Verskaf

Volgens Funani is die boer op wie se plaas die aanval gebeur het, se bakkie en drie vuurwapens wat aan hom behoort, by die vier gevind.

Hulle verskyn Vrydag in die landdroshof op aanklagte van huisroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Die aanvallers het volgens Funani laatmiddag op die plaas sowat 30 km van Coligny opgedaag. Hulle het toegang verkry onder die voorwendsel dat hulle vee wou koop.

Die eienaar van die plaas is volgens ingeligtes in Mosambiek, maar sy 28-jarige seun was op die plaas.

“Die aanvallers het die seun en ’n onbekende aantal werkers glo vasgebind voordat hulle met die boer se bakkie vort is.”

Die seun het gou op veiligheidsgroepe alarm gemaak. Ander boere het paaie in die omgewing begin toemaak en uitgekyk vir die boer se blou bakkie. Dit is kort daarna in die Coligny-omgewing opgemerk. Die boere het die voertuig tot in die Tlhabologang-township gevolg en die verdagtes daar in ’n burgerlike arrestasie vasgetrek.

Die polisie was kort daarna op die toneel nadat die boere hulle ontbied het, sê Funani.

’n Kennis van die jong boer het Woensdag gesê hy is nog “te lam, moeg, seer en getraumatiseer om te praat oor wat gebeur het”.

Niemand is ernstig beseer tydens die aanval nie.

Meer oor:  Coligny  |  Boere  |  Misdaad  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.