Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boere weer nóg 2 plaasaanvalle in VS af

Vrystaatse boere het weer ’n bedrywige naweek agter die rug nadat twee plaasaanvalle afgeweer is maar verskeie veeslagtings aangemeld is.

Daarbenewens is verdagtes wat glo verlede week by ’n skuur op ’n plaas buite Bethlehem ingebreek het, in hegtenis geneem is.

Boet Wessels, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die Ventersburg-gebied, sê vyf gewapende aanvallers het Mike van Rensburg se nagwag Sondag omstreeks 21:00 op die plaas Beginsel oorrompel.

Die wag kon daarin slaag om alarm te maak en Van Rensburg het hulp ontbied.

Volgens Wessels was boere in die omgewing baie vinnig op die toneel en paaie is afgesper.

“Op presies dieselfde tyd van die aangeval het veediewe op ’n ander plaas naby die N1 en ook in die Ventersburg-gebied toegeslaan.”

Wessels sê dié boer se veiligheidswag kon ook hulp ontbied. Dit wil voorkom asof die veediewe van plan was om ’n groot aantal vee te roof.

Hy sê daar het ook veeslagtings in die gebied voorgekom.

Coenraad van der Westhuizen, ’n boer in die Bethlehem-distrik, het Saterdag omstreeks 03:30 wakker geskrik toe hy geluide op sy plaaswerf hoor.

Junior Ferreira, sy swaer, sê Van der Westhuizen het nie uit die huis gegaan nie, maar die mans deur ’n venster dopgehou.

“Hulle was reeds deur die veiligheidsheining en teen die huis. Een van die mans het in ’n buitelig se ligkol inbeweeg en my swaer het gesien dat hy gewapen is.”

Ferreira sê sy swaer het ’n skoot afgevuur wat die mans op vlug laat slaan het.

Van der Westhuizen het ’n noodknoppie gedruk en boere in die gebied het op sy noodroep gereageer.

“Die gemeenskap het ure lank na die aanvallers gesoek, maar niemand is gevang nie,” sê Ferreira.

In nog ’n voorval in die Bethlehem-omgewing het boere vyf mans in hegtenis geneem wat na bewering Donderdag op ’n plaas ingebreek en gereedskap gesteel het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê plaaslike boere het die mans gevang en in ’n voertuig op van die gesteelde goedere afgekom.

Die mans sal Dinsdag in die hof in Bethlehem op onder meer aanklagte van inbraak by ’n sake-onderneming verskyn.

Vrystaatse boere het verlede maand twee afsonderlike plaasaanvalle, een naby Tweespruit en een naby Zastron, afgeweer en van hul aanvallers doodgeskiet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.