Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boere, wetstoepassers praat oor veediefstal in O-VS

Vier afdelings van die polisie en die Valke het nou met boere van die Oos-Vrystaat in gesprek getree oor die gedetailleerde verslag van veediefstalsindikate en die polisie se beweerde betrokkenheid daarby.

Herkie Viljoen, veiligheidsvoorsitter van die Bethlehem-distrikslandbouvereniging, sê die verslag wat 118 klagtes bevat, is die afgelope twee weke bygewerk.

Die verslag behels nou 126 bladsye van klagtes met elke boer se storie oor wat met hom gebeur het.

Viljoen sê die bygewerkte verslag is reeds aan die Valke oorhandig, wat dit op 9 November aan brig. OJ Kgopodithata, nasionale bevelvoerder van die Valke se veediefstaleenheid, sal oorhandig.

Kgopodithata sal ook op 9 November met die boere vergader.

Op die vergadering sal ’n veediefstal-inligtingsentrum, wat uit polisielede, boere, lede van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die nasionale veediefstalforum (RPO) sal bestaan, gestig word.

Bheki Cele, minister van polisie, sal dan op 12 November weer met die boere vergader.

Dit sal presies 21 dae wees nadat hy vir die eerste keer met die boere in die Meets-boeresaal buite Bethlehem vergader en onderneem het om terug te keer om te sien watter vordering daar gemaak is om misdaad te bekamp, veral met die oog op veediefstal.

Viljoen sê die boere hoop die verslag sal lig werp op die bewerings van polisiekorrupsie en dat die boere se uitgebreide terugvoering oor die onderskeie voorvalle dié betrokkenheid sal bewys.

Hy sê die boere het ingestem tot die vergadering op voorwaarde dat Cele self die boere op die tweede vergadering sal toespreek en nie een van sy onderdane stuur om hulle te woord te staan nie.

“Ons wil graag weet watter werkbare inisiatiewe hy beplan,” sê Viljoen.

Meer oor:  Polisie  |  Valke  |  Bheki Cele  |  Bethlehem  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.