Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boervrou met jagmesse op plaas aangeval
Estienne Lingenfelder se hand ná die aanval op haar Maandag. Foto: Facebook/Estienne Lingenfelder

’n Vrou is Maandag op ’n plaas naby Villiersdorp in die Wes-Kaap deur twee mans met jagmesse aangeval.

Die twee mans is ná die voorval aangekeer en sal Woensdag op aanklagte van poging tot moord in die hof verskyn.

Estienne Lingenfelder (67) is Maandag deur twee mans aangeval, sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Lingenfelder het op sosiale media geskryf en gesê sy is nie iemand wat gewoonlik sulke nuus deel nie, maar twee mans het haar aangeval toe sy die motorhuis se deur op die plaas oopgemaak het om tasse in haar voertuig te laai.

Albert Lingenfelder, haar seun, het aan Netwerk24 gesê sy pa, ook Albert, was by hom op sy plaas wat so 10 km van sy ouers se plaas is toe sy ma hom Maandag omstreeks 17:00 gebel het.

“Sy het vir my gesê sy is deur twee mans met messe aangeval. In daardie stadium was my pa al op pad huis toe en ek het ook dadelik gery,” sê Albert.

Volgens hom sou sy ouers Dinsdag na ’n pluimveeskou gaan.

Lingenfelder het op haar Facebook-blad gesê dit was “sekondes tussen lewe en dood” .

Een van die aanvaller het sy ma met die mes probeer steek, maar sy het met haar hand gekeer en in die proses diep snywonde opgedoen.

Sy ma het dit reggekry om die knoppie van die motorhuis se deur te druk en Albert sê hy vermoed die twee het vir die klank geskrik en weggehardloop.

Sy ma het gesê een van die mans het ’n geel baadjie aangehad.

Albert het met sy aankoms op die plaas dadelik begin soek na die verdagtes. Die mans het na ’n buurplaas gevlug waar hulle gesien is waar hulle in ’n boord hardloop.

Later die dag, omstreeks 19:00, was een van Lingenfelder se neefs in sy voertuig toe hy twee mans langs die pad met ’n sak by hulle sien.

“Hy het gestop en vir die manne gevra wat in die sak is. Daar het hy ’n geel baadjie en twee messe gevind,” sê Albert. ’n Gewapende reaksie-eenheid was kort op hul hakke en het die twee mans aangekeer en die polisie ontbied.

“My ma het later die twee mans uitgeken,” sê Albert.

Lingenfelder het op haar Facebook-blad gesê dit was “sekondes tussen lewe en dood” en dat God haar lewe gespaar het “om nog baie werk vir Hom te doen”.

Sy is Dinsdagoggend aan haar hand geopereer.

Volgens Traut is die verdagtes van Mfuleni, maar hulle sal in Villiersdorp in die hof verskyn.

Meer oor:  Villiersdorp  |  Plaasaanval  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.