Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boervrou met kapmes in plaashuis aangeval

’n Boervrou van Kroondal buite Rustenburg in Noordwes is Woensdagoggend met vermoedelik ’n kapmes in haar plaashuis aangeval.

Irene Muhl (64) is in ’n bedenklike toestand in ’n hospitaal in Rustenburg.

Sy is glo op haar bene bo haar knieë met ’n kapmes gekap.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van die nooddiens ER24, sê Muhl het ook etlike steekwonde aan die res van haar lyf gehad.

Die vrou se bene is ernstig beseer, sy is met ’n panga bo haar knieë gekap en dit lyk of senings en spiere afgekap is.
Polisievoertuie by die plaashuis buite Rustenburg waar ’n vrou Woensdag aangeval is. Foto: Verskaf

Volgens ’n lid van die plaaswag, wat anoniem wil bly, was Muhl alleen by die huis terwyl haar man, Mark, elders op die plaas was.

Minstens vyf gewapende mans het haar in die plaashuis oorval.

“Die een plaashek is met ’n draad toegebind.

“Die vrou se bene is ernstig beseer, sy is met ’n panga bo haar knieë gekap en dit lyk of senings en spiere afgekap is,” sê die lid van die plaaswag.

Mark het net ná 08:00 ’n boodskap van die veiligheidsmaatskappy gekry dat ’n paniekknoppie in die plaashuis gedruk is. Hy het ’n familielid gebel en gevra om saam met die veiligheidsmaatskappy te gaan ondersoek instel.

Hulle het op ’n ernstig beseerde Muhl in die huis afgekom.

Polisie- en nooddiensvoertuie op die plaas waar ’n vrou Woensdag buite Rustenburg aangeval is. Foto: ER24
Boere en polisielede buite die plaashuis waar ’n vrou met ’n kapmes aangeval is buite Rustenburg. Foto: Verskaf

Op ’n video wat deur die plaaswag gemaak en versprei is, kan ’n groot plas bloed gesien word in ’n vertrek waar ’n wasmasjien staan. ’n Stoel lê omgekeer naby die plas bloed op die bruin teëlvloer.

Boere in die gebied het met ’n soektog na die aanvallers begin. ’n Private vliegtuig is ook ingespan in die soektog, maar dit het teen laat Woensdagmiddag niks opgelewer nie.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het Woensdagmiddag gesê die plaashuis is geplunder. Daar is ’n skootrekenaar en ’n bergfiets uit die huis gesteel.

Hy sê die polisie ondersoek ’n klag van huisbraak. Hy kon nie sê hoekom die polisie nie ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer of poging tot moord ondersoek nie.

Die spoor van een van minstens vyf mans wat ’n vrou buite Rustenburg op ’n plaas aangeval het. Foto: Verskaf
Meer oor:  Rustenburg  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.