Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boervrou ontvoer, op Lesotho-grens gelos

’n Boervrou van Boesmanskop in die Zastron-omgewing is in die middernagtelike ure uit haar huis ontvoer en op die Lesotho-grens afgelaai.

Daleen van der Hoven, wat in haar 80’s is, is Vrydag omstreeks 02:00 deur ’n groep mans in haar huis oorval.

Sy het blykbaar nie gehoor toe die mans inbreek nie.

Daleen van der Hoven se uitgebrande Audi is in Lesotho gekry.

Jakkals le Roux, van Vrystaat Landbou (VL), sê Van der Hoven is aangerand en die mans het ses vuurwapens gebuit. Hulle het haar hierna in haar voertuig, ’n Audi-sedan, gedwing en met haar in die rigting van Lesotho gery.

Le Roux sê die groep het Van der Hoven op die grens by ’n FM-toring afgelaai op dieselfde plek waar Lesotho-burgers die grens glo maklik onwettig oorsteek.

Van der Hoven, wat die omgewing ken, het oor die grens gestap en hulp by Lesotho-burgers gaan vra. Van die mense ken haar en een van hulle het ’n Suid-Afrikaanse boer se selnommer. Hulp is so ontbied.

Le Roux sê dit is bitterlik koud in die gebied in die vroeë oggendure en die mense het Van der Hoven versorg en warm toegemaak.

“Was dit nie vir hulle nie, kon sy dalk doodgegaan het,” sê hy.

’n Ruk later is berigte ontvang dat Van der Hoven se voertuig in Lesotho aan die brand gesteek is en dat die aanvallers gevlug het.

Dr. Jane Buys, veiligheids-en-risiko-analis van VL, sê die Boesmanskop-gebied is ’n misdaadbrandpunt en is in misdadigers uit die Bergkoninkryk se visier.

Gerrit van der Walt (59), die boer wat verlede naweek ’n aanvaller doodgeskiet het, boer nie ver van Van der Hoven af nie.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, het die aanval bevestig en sê Van der Hoven is erg met ’n ysterstaaf aangerand.

Sy is Vrydag na ’n hospitaal in Bloemfontein gebring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.