Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boewe beroof nuwe OP-rugbybaas
André Rademan, die nuutverkose president van Opru. Foto: Werner Hills

André Rademan, die nuutverkose president van die OP Rugbyunie (Opru), is Maandagoggend deur ’n groep gewapende mans beroof.

Rademan is Saterdag in Port Elizabeth gekies as die man wat die bestuur van die unie by Monde Tabata, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se administrateur, sal oorneem.

Maandagoggend het die polisie bevestig drie mans het hulle as kliënte voorgedoen en by Rademan se vulstasiewinkel in Struandale ingestap.

“Nog twee mans het ingekom, vuurwapens op die slagoffer (Rademan) gerig en geld geëis,” sê kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

Die mans het die kasregister leeggemaak, Rademan gedwing om die kluis in die winkel oop te sluit en die kontant daarin gebuit. Hulle het met Rademan se Chevrolet-bakkie weggery.

Die polisie het teen 11:15 nog na die bakkie en vyf mans gesoek.

Rademan het Maandagoggend aan Netwerk24 die voorval bevestig.

Meer oor:  Op  |  André Rademan  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.