Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bolhuis kyk na Vrystaatse moorde
Mike Bolhuis gaan nou die moorde van Basil en Monica Deniacos op Dealesville ondersoek.Foto: Facebook

Die speurder Mike Bolhuis het bekend gemaak dat hy die dubbele moord op die Vrystaatse egpaar Basil (79) en Monica (68) Deniacos saam met die Valke gaan ondersoek.

Die Deniacos-egpaar is op 30 Mei in hul huis op Dealesville vermoor.

Monica was ’n DA-raadslid in die Tokologo-munisipaliteit.

Hulle is doodgeslaan en vuurwapens, juweliersware, selfone en ’n wit Toyota Raider-bakkie met die registrasienommer DPL 194FS is in die moordtog gebuit.

Bolhuis se toetrede tot die ondersoek kom minder as ’n week nadat Sakkie (67) en Ina (62) van der Berg op 12 Julie op ’n plaas sowat 35 km van Dealesville vermoor is.

Die Van der Bergs se vermeende moordenaars is intussen aangekeer en het reeds Donderdag in die hof op Boshof verskyn.

LEES OOK: Valke bekyk verband tussen dubbelmoorde

Die plaas waar hulle vermoor is, is tussen Dealesville en Boshof in die Boshof-distrik geleë.

Volgens ’n verklaring deur Bolhuis se maatskappy, Specialised Security Services (SSS), sal hy saam met die Valke werk.

Die polisie in die Vrystaat het verlede week gesê hy ondersoek die moontlikheid dat daar ’n verband tussen die twee dubbele moorde is.

Bolhuis sê ook dat die moontlikheid ondersoek word dat daar ’n verband tussen die moorde is.

LEES OOK: DA-raadslid en man in VS vermoor

Die mans wat in verband met die Van der Berg se moorde in hegtenis geneem is, was glo ook by ander misdade in die Vrystaat betrokke.

Johannes Sekgoro, beskuldigde een, moet op 5 Augustus in verband met ’n plaasaanval in April 2018 in die Hertzogville-distrik in die hof verskyn.

Sekgoro was ten tyde van die moorde op die Van der Bergs op borgtog.

Die Van der Bergs se voertuig is in die Caledonrivier, die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho, gekry waar dit in die modder vasgeval het.

LEES OOK: Boshof-man betrek by verskeie plaasaanvalle

Die Valke se woordvoerder in die Vrystaat, a.o. Lynda Steyn, sê die polisie meen die mans wat in hegtenis geneem is, was met die voertuig op pad na Lesotho.

Ingeligtes na aan die ondersoek meen die Deniacos-egpaar se voertuig is na Lesotho geneem.

Bolhuis vra dat mense wat in die ondersoek kan help, die Valke se a.o. Dirk van Rhyn by 079 505 3244 of Vince Harris van SSS by 083 656 2621 bel.

Meer oor:  Dealesville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.