Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Drama toe man met 'bom' in Pta-sentrum dreig

Die man wat glo met 'n verdagte toestel 'n bomdreigement in die Absa-bank in die Menlyn Maine-sentrum in Pretoria, gemaak het, is om ongeveer 15:00 in 'n vangwa weggery.

Werknemers van winkels wat ontruim is, het nader gestorm in 'n poging om die man te sien, voordat die polisie met hom weggery het.

Binne die sentrum was al die banke, wat aangrensend van mekaar geleë is, steeds gesluit.

Werknemers van die Absa-tak waar die voorval plaasgevind het, het in 'n groep gesit en gesels. Dit het gelyk of hul berading ontvang. Ná 'n rukkie het mense met kospakkies vir die personeel nader gestap.

Niemand anders is in die winkelsentrum toegelaat nie.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het ná die voorval gesê die verdagte het glo met 'n toestel, wat lyk soos 'n pyp met 'n flikkerende liggie, die bank ingegaan. Die kassiere het, nadat hy 'n nota met die bomdreigement en 'n eis vir geld gekry het, 'n stil-paniekknoppie gedruk om hulp te ontbied.

Die sentrum se veiligheidsbeamptes het die man toe aangekeer.

Die polisie se snuffelhond het, nadat die gebou ontruim is, positief op die toestel gereageer. "Daar is later gevind dat die toestel nie 'n bom is nie, maar wel met buskruit bestrooi is. Dit is hoekom die snuffelhond op die toestel gereageer het," sê Weilbach.

bomdreigement, menlyn maine
Die toneel Dinsdagmiddag by die Menlyn Maine-winkelsentrum in Menlyn, Pretoria. Foto: Deaan Vivier
bomdreigement, menlyn maine
Die Menlyn Maine-winkelsentrum is ontruim nadat 'n bomdreigement in 'n bank ontvang is. Foto: Deaan Vivier
bomdreigment, menlyn maine
Polisie- en ander noodvoertuie Dinsdag op die toneel by die Menlyn Maine-winkelsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Pretoria  |  Bomdreigement  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.