Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bonnievale-moord: 3 verdagtes nog nie opgespoor

Die polisie soek nog na drie mans, almal van Lesotho, wat glo op die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale van Tool Wessels (55) gewerk het en by sy onlangse moord betrek word.

Wes-Kaapse speurders het Ntabanyane Tladi (19), ook van Lesotho, Dinsdag in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Ntabanyane TladiFoto: Facebook

Die saak teen hom is Donderdag in die plaaslike landdroshof tot 17 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

Hy staan tereg op die moord op Wessels, asook op aanklagte van poging tot moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede.

Tladi word daarvan beskuldig dat hy en nog drie mans Wessels en sy vrou, Liezel (55), op Maandag 13 Mei oorval en gemartel het, waarna Wessels vermoor is.

Een van sy werkers en ’n lid van die plaaswag het Wessels se lyk Maandag kort ná 23:00 in ’n verlate

pompstasie tussen die wingerde gevind.

Die pompstasie is sowat 2 km van die plaashuis af.

Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder vir die Direktoraat van Openbare Vervolging (DOV), het gesê Tladi het versoek dat ’n Sotho-tolk by sy volgende verskyning teenwoordig is.

Tool en Liezel Wessels saam met hul dogters, Annelie en JanaFoto: Verskaf
Meer oor:  Tool Wessels  |  Bonnievale  |  Plaasmoord  |  Polisie-Ondersoek  |  Soektog  |  Plaasaanvalle  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.