Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Botswana soek hul verkragter terug

’n Verkragter en rower wat elf jaar gelede sy tronkstraf in Botswana “kortgeknip” het deur te ontsnap, gaan waarskynlik binnekort na dié land terugkeer om die res van sy vonnis daar uit te dien.

Dit volg nadat dié buurland Interpol in Suid-Afrika genader het met ’n uitleweringsaansoek vir Ian Bafo Legobo (33), net voordat hy hier op parool vrygelaat sou word.

Legobo is in 2007 in Botswana tot tien jaar tronkstraf gevonnis op ’n aanklag van verkragting.

Hy het egter ná twee jaar uit die tronk ontsnap en na Suid-Afrika gevlug.

Toe word hy hier gearresteer, skuldig bevind en gevonnis op ’n aanklag van roof. Dit is in dié stadium onbekend wat sy vonnis op die aanklag van roof was, maar Legobo kon vanaf 25 Maart vanjaar vir parool in aanmerking kom.

Botswana was egter vinniger en het Interpol hier genader met die versoek dat hul burger uitgelewer word om die res van sy verkragtingsvonnis “tuis” uit te dien.

Die uitleweringsaansoek sou Woensdag in die landdroshof in Pretoria aangehoor word, maar weens die huidige staat van inperking is Legobo nie van die tronk af na die hof gebring nie, soos wat die prosedure is met alle aangehoudenes.

Die saak is tot Mei uitgestel vir die aansoek om aangehoor te word.

Indien die aansoek slaag, sal Legobo waarskynlik nie net die oorblywende agt jaar van sy verkragtingsvonnis in Botswana moet uitdien nie, maar ook van ontsnapping aangekla word.

Meer oor:  Botswana  |  Verkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.