Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brackenfell-aanval: Private speurders vra hulp
Die kennisgewing waarin inwoners van Brackenfell gevra word om te help met inligting om die aanvallers vas te trek. Foto: Verskaf

’n Doodse stilte heers by die siersteenhuis in Karoobosweg, De Oude Spruit, in Brackenfell. Die vensters en motorhuisdeur is bottoe.

In die voorstedelike straat staan enkele motors voor huise geparkeer.

Die paar buurmense op straat antwoord ontkennend as hulle gevra word of hulle iets weet van ’n skietvoorval op 31 Maart 2021 in dié siersteenhuis.

Vyf mans het die eienaar van die huis, glo ’n 41-jarige man, en sy vriendin verlede Woensdag omstreeks 22:30 in die huis oorval.

Hulle het glo deur die motorhuisdeur, wat nie reg toegemaak was nie, toegang tot die huis gekry.

Na verneem word, het die aanvallers die man sewe keer geskiet. Volgens bronne in die polisie is niks egter gesteel nie.

Die man is in sy bene en in sy geslagsdeel gewond. Een van sy bene is in ’n noodoperasie geamputeer.

Dié bronne sê die man is in sy bene en in sy geslagsdeel gewond. Een van sy bene is in ’n noodoperasie geamputeer.

Die slagoffer het hom nou tot private speurders gewend in ’n poging om sy aanvallers op te spoor.

In ’n kennisgewing op die Facebook-blad van Willem van Romburgh & Vennote word mense met kringtelevisiekameras gevra om hul beeldmateriaal na te gaan en te kyk vir enige voertuig wat die omgewing omstreeks daardie tyd verlaat of binnegekom het.

“Alle inligting sal vertroulik gehanteer word,” lui die kennisgewing.

“Hulle het ons kliënt sewe keer geskiet, wat tot die amputasie van sy been gelei het.”

Volgens die kennisgewing het die aanvallers in ’n wit Volkswagen Polo gery.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Hy sê die polisie ondersoek die voorval, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Mense met inligting word gevra om lt.kol. Smit, die ondersoekbeampte, by 021 983 1940 of by 021 980 5700 te bel. Hulle kan ook die Stop Misdaadnommer, 0860 010 111, skakel."

Meer oor:  Brackenfell  |  Skietvoorval  |  Amputasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.