Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brackenfell: EFF woedend ná man nie aangekla word

Die EFF het ’n amptelike klag teen die polisie in Brackenfell ingedien omdat hulle ’n saak gesluit het waarin een van sy lede aangerand is, maar niemand aangekeer het nie.

Die klag spruit uit die voorval in November verlede jaar toe EFF-lede en lede van die publiek naby die Hoërskool Brackenfell slaags geraak het. Die EFF het betoog oor ’n beweerde rassistiese matriekafskeid.

Sibongile Nkasayi het ’n klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak nadat sy met ’n bofbalkolf geslaan is.

Daar is ’n video van die voorval. Die persoon wat haar slaan, het ’n swart keps op, ’n swart serp bedek die onderkant van sy gesig en hy dra ’n donkerbril.

Hy sê in Afrikaans “hardloop”, waarna Nkasayi twee maal oor die rug geslaan word. Sy kom kalm voor en sê in Engels: “Moenie aan my raak nie.”

Brackenfell High School
Die voorval is deur die joernalis Wesley Fester op kamera vasgelê. Foto: Skermgreep via News24

Die EFF sê in ’n verklaring dit is verontrustend dat die polisie besluit het om die saak weens ’n gebrek aan leidrade te sluit.

“Hoe kan daar nie leidrade wees as iemand Nkasayi op kamera aangerand het nie? Hoekom is die foto’s van die oortreder nooit op die databasis van verdagtes versprei nie?”

Hulle eis dat foto’s van die man in winkelsentrums in Brackenfell versprei word en dat die publiek gevra word om hom te help identifiseer.

Die EFF eis ook dat die stasiebevelvoerder, speurhoof en die polisielid wat die saak ondersoek het, geskors word.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, het nog nie op navrae reageer nie.

Die EFF het wel ’n afskrif van ’n e-pos verskaf wat wys dat sy klagte na genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gestuur is.

Meer oor:  Polisie  |  Betoging  |  Matriekafskeid  |  Aanranding  |  Hoërskool Brackenfell  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.