Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brakpan-gesin veilig ná ontvoering

’n Gesin van Brakpan is veilig en ongedeerd nadat drie rowers by hul huis ingebreek en hulle ontvoer het.

Die egpaar (38 en 40) en hul drie kinders van onderskeidelik 13 jaar, ses jaar en 20 maande oud, het na die plaaslike polisiekantoor in Cleveland geloop toe hul ontvoerders hulle in die buurt aflaai.

“ ’n Gesin wat in die vroeë oggendure in Brakpan beroof en ontvoer is, is ongedeerd gevind en hul twee voertuie, ’n Mercedes Benz en Toyota-dubbelkajuitbakkie, is vanoggend verlate in Katlehong gevind,” sê kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Volgens Masondo het die drie rowers toegang tot die gesin se woonkompleks in Palmridge Glen gekry.

“Die verdagtes het ’n vuurwapen op die gesin gerig en toe twee televisiestelle, ’n skootrekenaar en twee selfone gesteel. Daarna het hulle in hul twee voertuie met die gesin weggery,” sê Masondo.

Die gesin het die voorval by die polisiekantoor in Cleveland aangemeld.

Die polisie soek na die rowers.

Enigeen met inligting wat tot die inhegtenisneming van die rowers kan lei, word gevra om hul naaste polisiekantoor of die polisie se Stop Misdaadlyn by 086 001 0111 te skakel.

Meer oor:  Brakpan  |  Cleveland  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.