Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bramley-moord: Verdagtes nog op vrye voet

Die familie van die vermoorde Isabel van Coller is raadop omdat geen verdagtes nog vir haar dood in hegtenis geneem is nie.

Isabel van Coller is op 15 November by ’n verkeerslig in Bramley, Johannesburg, vermoor. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

“Ons voel magteloos en moedeloos,” sê Arno van Coller. Sondag is dit ’n maand sedert sy ma se skietdood die land geskok het.

Van Coller was op 15 November op pad werk toe toe sy by ’n verkeerslig in Bramley, Johannesburg, stilhou. ’n Groep mans het haar voertuig oorval en binne 36 sekondes het hulle haar geskiet, uit haar kar geslinger en weggery. Ses mans is aanvanklik vir die moord in hegtenis geneem, maar kon weens ’n gebrek aan bewyse nie aan die misdaad verbind word nie.

Arno sê hulle het vertroue in die polisie verloor. “Ek sukkel om vorms terug te kry van die ondersoekbeampte af. As hy nie eens vorms kan invul nie, hoe kan hy ’n saak ondersoek?” sê Arno.

Arno sê sy ma se dood bly vir hulle ’n groot skok. “Ons vat dit maar dag vir dag. Ons wens net die gereg kon sy gang gaan,” sê Arno.

Die polisie het Donderdag bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is nie. “Die ondersoek duur voort. Ons kan ongelukkig nie die proses stap vir stap met die media deel nie, maar ons hou die familie konstant op hoogte,” sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng.

Sy voeg by dat enigiemand wat inligting het, die polisie kan kontak.

Meer oor:  Isabel Van Coller  |  Johannesburg  |  Bramley  |  Moord  |  Skietdood  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.