Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Branderplankryers gewaarsku oor motordiefstalle

Minstens drie branderplankryers se motors is binne twee weke in die Nahoon-strandgebied in Oos-Londen gesteel.

Volgens die polisie se inligting maak branderplankryers dit maklik vir diewe om die motors te steel omdat hulle hul motorsleutels onder meer op een van die motorbande los terwyl hulle in die branders baljaar.

Brig. Pumla Mdlankomo, bevelvoerder van die Cambridge-polisiekantoor, het branderplankryers Dinsdag oor die motordiefstalle in die Nahoon-gebied gewaarsku en gevra dat hulle nie hul sleutels op maklike wegsteekplekke los nie.

Alle strandgangers is ook versoek om voorsorgmaatreëls te tref om verdere voorvalle te help voorkom.

Van die drie motors wat in Mei by Nahoon-strand gesteel is, het die polisie een teruggevind.

Meer besonderhede oor waar en wanneer die motor teruggevind is, was nie onmiddellik beskikbaar nie.

Nahoon-strand in Oos-Londen. Foto: www.showme.co.za/east-london

Meer oor:  Nahoon-Strand  |  Branderplankryer  |  Motordiefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.