Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Brandstigting oor rookverbod’ bekyk

Die Kraaifontein-polisie ondersoek ’n voorval waarin ’n winkel in Wallace­dene, Kraaifontein, Sondag na bewering weens die verbod op sigarette aan die brand gesteek is.

Die eienaar het omstreeks 20:30 ontdek dat sy winkel in Essenhoutsingel brand.

Volgens die polisie verkoop dié spaza net meubels, klere en plastiek.

“Speurders volg alle inligting op om vas te stel wat die brand veroorsaak het. Niemand is in die voorval beseer nie en die brand is geblus,” sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Kraaifontein-polisiekantoor by 021 980 5500 bel.

Meer oor:  Kraaifontein  |  Sigarette  |  Brandstigting  |  Koronavirus  |  Rookverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.