Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brandstofdiewe gesoek

Die polisie in Bloemfontein is op soek na drie brandstofdiewe wat houers by ’n vulstasie buite die stad volgemaak en met R2 500 se petrol weggejaag het.

Die mans het Woensdag omstreeks 21:45 in ’n blou Volkswagen Golf met die registrasienommer HBX 431 FS by ’n vulstasie in Mandela View opgedaag en die petroljoggie opdrag gegee om ses 20 liter-houers vol te maak.

Nadat die petroljoggie die kanne volgemaak het, het die mans hom gevra om iets vir hulle te gaan haal. Terwyl hy weg was, het hulle weggejaag, het sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Hulle het in die rigting van Bloemfontein gejaag. Reaksiebeamptes en die polisie kon hulle nie opspoor nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Klag van diefstal word ondersoek.

  • Enigeen met inligting word gevra om 08600 10111 of die naaste polisiekantoor te skakel.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Polisie-Soektog  |  Brandstofdiewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.