Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brandstofdiewe op heterdaad betrap

Die Valke en Transnet se veiligheidswagte het die naweek ’n groot deurbraak gemaak toe vyf mans gevang is wat brandstof uit een van Transnet se pypleidings gesteel het.

Die Valke in die Vrystaat het die mans, tussen die ouderdomme van 24 en 52, in hegtenis geneem nadat amptenare van Transnet gesien het dat die drukking in een van sy pypleidings skerp gedaal het.

A.o. Lynda Steyn, Valke-woordvoerder, sê die drukking in die pypleiding het in die omgewing van die plaas Taaibos, naby Sasolburg, gedaal.

Die veiligheidswagte en lede van die Valke het gaan ondersoek instel en op twee tenkwaens met twee sleepwaens afgekom.

Die mans het reeds ’n pyp aan een van die kleppe op die pypleiding gekoppel en was besig om brandstof in ’n tenkwa te tap.

Die Valke het op die voertuie asook op twee kragopwekkers en ander toerusting beslag gelê.

Transnet het die afgelope jaar onder ’n vlaag van brandstofdiefstalle deurgeloop. Pypleidings in veral die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga is gereeld beskadig.

Die onlangse dieseltekorte in veral die Vrystaat en Noordwes was deels te wyte aan die beskadiging van die pypleidings wat daartoe gelei het dat die brandstof per pad vervoer moes word.

’n Boer in Mpumalanga het ook groot skade gely toe diewe ’n klep op ’n pypleiding beskadig het en die diesel ’n deel van ’n mielieland besoedel het.


Meer oor:  Vrystaat  |  Transnet  |  Brandstof  |  Pypleiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.