Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brandstofdiewe steeds bedrywig

Diefstal en pogings om brandstof uit pypleidings in die Vrystaat te steel, het nie sedert die inperking afgeneem nie.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n veiligheidswag by die Magdala-depot se pompstasie, ongeveer 15 km buite Kroonstad, is Woensdag omstreeks 02:00 deur drie mans oorval.

Die Magdala-depot word as ’n nasionale sleutelpunt aangedui.

Die diewe het die veiligheidswag met ’n vuurwapen aangehou, vasgebind en in ’n toilet toegesluit.

Makhele sê dit is nie seker hoeveel brandstof gesteel is nie en die polisieondersoek duur voort.

Een of twee tenkwaens is in die rooftog met brandstof gevul en het vermoedelik van grondpaaie gebruik gemaak om uit die gebied te kom.

Volgens Vrystaat Landbou was daar ook diefstalle uit die Transnetpypleiding by Cornelia en Edenville en ’n poging tot diefstal by Warden.

Indien iemand met die ondersoek kan help, kan hulle die polisie op 071 609 9778 of 10111 bel.

Meer oor:  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.