Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brandweer in lokval gelei, aangeval ná vals noodroep
Die voorruit van ’n brandweerwa is gekraak nadat die brandweer Maandagaand onder valse voorwendsels na Kruispad ontbied en met klippe bestook is. Foto: Kaapse stadsraad
Nog ’n ruit van die brandweerwa van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste is beskadig nadat dit Maandagaand in Kruispad beskadig is toe lede van die gemeenskap dit glo met klippe bestook het. Die brandbestryders is ongedeerd, maar ernstige skade is aan die waterpomp van R3,5 miljoen aangerig. Foto: Kaapse stadsraad
’n Brandweerwa van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste is Maandagaand beskadig toe dit na Kruispad op die Kaapse Vlakte ontbied is en gemeenskapslede dit glo met klippe bestook het. Ernstige skade is aan die pomp op die wa aangerig, sowel as vensters wat gebreek is. Foto: Kaapse stadsraad
n Brandweerwa van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste is Maandagaand beskadig toe dit na Kruispad op die Kaapse Vlakte ontbied is en gemeenskapslede dit glo met klippe bestook het. Ernstige skade is aan die pomp op die wa aangerig, sowel as vensters wat gebreek is.Foto: Kaapse stadsraad

Daar is nou een minder brandweerwa beskikbaar om die gemiddeld 75 brande per dag in Kaapstad te beveg nadat brandbestryders glo Maandagaand onder valse voorwendsels na Kruispad ontbied en aangeval is.

’n Span van die Kaapstadse brandweer is om 20:40 na Kruispad op die Kaapse Vlakte ontbied, maar daar was geen brand nie.

Lede van die gemeenskap het toe glo op hulle toegesak en die brandweerwa beskadig, sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid.

Hulle het ongedeerd van die voorval in Sonwabilerylaan afgekom, maar ernstige skade is aan die waterpomp van R3,5 miljoen aangerig en twee van die voertuig se ruite is gebreek.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid in Kaapstad. Foto: Peter Abrahams

Smith sê die span van die Gugulethu-brandweerstasie is steeds geskok.

“Die pomp sal waarskynlik herstel word, maar dit kos geld wat ons nie sou bestee het nie,” sê Smith.

“Sulke sinlose aanvalle gebeur elke nou en dan.”

Hy het ontken dat dit ’n nuwe tendens is ná ’n reeks aanvalle op paramedici wat in die Kaap aangemeld is.

Die brandweerwa sal nou ’n paar weke uit diens wees, wat beteken daar is nou een minder voertuig wat bystand kan lewer met die gemiddeld van 75 brande wat per dag in Kaapstad bestry word.

Die omvang van die skade behoort teen die einde van die week beraam te word.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging nadat die voertuig met klippe bestook is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Jp Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.