Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Breytenbach het werkers ‘betas’, sê klaer

Hierdie berig is verander om te stel dat die annonieme klaer in hierdie berig nie een van die twee klaers is op wie se klagte Willem Breytenbach reeds in die hof verskyn het nie.  


’n Voormalige werknemer van die oud-Grey-onderwyser en sakeman Willem Breytenbach beweer sy werkplek was ’n “toksiese omgewing” waar werknemers geboelie en gereeld op onwelvoeglike wyse deur die baas betas is.

Willem Breytenbach in die hof. Foto: Jaco Marais

Die ma is een van verskeie mans wat klagte van onsedelike aanranding teen Breytenbach ingedien het.

Breytenbach, ’n voormalige senior bestuurder van Media24, is verlede maand in ’n potgooi deur die advertensie-kopieskrywer Deon Wiggett daarvan beskuldig dat hy oor dekades heen kinders, jong mans en werknemers molesteer het.

Breytenbach was vroeër ook ’n onderwyser by hoërskole op Willow­more en Riversdal.

Hoewel Wiggett beweer dat Breytenbach gedurende sy jare as onderwyser verskeie seuns gemolesteer het, hou geen van die klagtes waarop Breytenbach in die landdroshof in Wynberg verskyn het, verband met enige dade met minderjarige skoolseuns nie. Breytenbach het verskyn op twee klagtes: een van seksuele- en een van onsedelike aanranding. Hy is tans uit op borgtog van R50 000. ’n Deel van die borgtogvoorwaardes is dat hy drie keer per week by die polisie in Mosselbaai aanmeld. 

Breytenbach is tans uit op borgtog van R50 000. ’n Deel van die borgtogvoorwaardes is dat hy drie keer per week by die polisie in Mosselbaai aanmeld. Sy paspoort is ingetrek en hy mag nie met die klaers kontak maak nie.

Een van die klaers, ’n 35-jarige Kapenaar en voormalige werknemer van Breytenbach, sê hy het in 2017 vir Breytenbach se internet­onderneming begin werk. Sy klagte is nie een van die waarop Breytenbach reeds in die hof verskyn het nie.

Hy sê in Oktober 2017 het Breytenbach eendag by die werk skielik sy hand in sy broek gedruk en hom “daar” begin masseer.

“Die werkplek was ’n toksiese omgewing waar werkers deur Breytenbach omhels en bevoel is en waar jou menswaardigheid stelselmatig afgebreek is,” beweer die klaer.

Die tweede voorval was glo in Februarie verlede jaar op ’n sakebesoek aan Thailand.

“Dit was aaklig,” sê die man.

Op die vlug na Thailand het Breytenbach in die sitplek langs hom gesit en slaap toe sy hand skynbaar “per ongeluk” in sy skoot val. Hy het geskrik en het Breytenbach se pinkie agteroor gebuig om hom te probeer stop. “Ek het gesê, ‘Willem, nee!’, en opgestaan om ’n leë sitplek te gaan vind.”

Hy het Breytenbach eers weer gesien toe hulle van die vliegtuig afklim.

Volgens die man is Breytenbach “baie knaend”.

“Hy het kantoorboelie na ’n volgende vlak geneem.”

Die man sê hy is die persoon “Ned” in Wiggett se derde potgooi. In dié episode vertel Wiggett dat hy vir Ned gekontak het nadat hy gehoor het dat Ned ’n ongelukkige ervaring met Breytenbach gehad het. In plaas daarvan dat Ned vir hom vertel wat tussen hom en Breytenbach gebeur het, het Ned vir Breytenbach gebel om hom te waarsku dat Wiggett op sy spoor is.

Wiggett se potgooi het egter uiteindelik vir hom die moed gegee om tog strafregtelike klagte teen Breytenbach in te dien, sê die man.

Hy vertel dan hoe Breytenbach sy werknemers altyd gegroet het.

“Hy sou hulle ’n hug gee, dan soms sy hande onder die hemp of T-hemp indruk en hul rug of abs vryf.

“Ek het gesien hoe hy dit ook met straight mense doen, altyd half spelerig, maar daar was iets meer sinister aan die touchings. Dit was nie reg nie. Ek het rugby gespeel en ek weet hoe hugboys.”

Die man vertel hoe ’n medekollega hom in sy vertroue geneem het en vertel het hoe Breytenbach glo aan hom sou vat en hom gevra het om kaalfoto’s van hom aan te stuur.

“Die kollega was bewerig. Hy kon die optrede met Willem nie vergeet nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.