Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Broer praat oor laaste gesprek met Winnie Rust
Winnie Rust (77) Foto: Verskaf

Chris van der Merwe (72), jonger broer van oorlede Winnie Rust, sê sy het hom en sy vrou in hul laaste gesprek vir ete genooi.

Rust (77), ’n bekende skrywer van Wellington, se lyk is Woensdag deur haar man op hul kombuisvloer gevind.

Van der Merwe sê hy het Maandag laas met haar oor die telefoon gepraat.

“Sy het my en my vrou nog genooi om Sondag saam met hulle middagete te kom eet. Dit was ons laaste gesprek.

“Sy het altyd moeite gemaak om die familie bymekaar te kry en ons het gedurig kontak met mekaar gehad, hetsy of dit oor WhatsApp of per SMS-boodskap was.”

Ons het nog nie ’n tyd vasgestel vir ’n roudiens of die begrafnis nie, maar hoop om dit binnekort te bevestig.

Met van haar kinders nog oorsee, is dit steeds nie bekend wanneer ’n gedenkdiens vir Rust gehou gaan word nie.

Van der Merwe sê geen reëlings is nog bevestig nie.

“Haar oudste dogter, Anna, of Grietjie soos ons haar noem, is nog in Nederland en sal na verwagting later vandag (Vrydag) eers in Suid-Afrika aankom.”

“Haar jongste, Hugo, is ook nog in die VSA . . . ek is nie seker wanneer hy hier gaan wees nie. Ons het nog nie ’n tyd vasgestel vir ’n roudiens of die begrafnis nie, maar hoop om dit binnekort te bevestig.”

Van der Merwe sê hy sal sy suster onthou as ’n vrou wat ’n “wonderlike balans tussen haar skryfwerk en haar gesinspligte kon handhaaf”.

“Sy was ook ’n vrou wat diep gelowig was en elke dag met stiltetyd en gebed begin het. Dit was haar roetine.”

Intussen is daar nog geen nuwe ontwikkeling in die polisieondersoek nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting word gevra om die polisiekantoor in Wellington te kontak.

Meer oor:  Wellington
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.