Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Broers stenig glo broer oor erfgeld

Drie broers wat glo hul eie broer Saterdag vermoor het, na bewering oor erfgeld, verskyn na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Mdibane, Mmametlhake, naby Soshanguve buite Pretoria.

Kol. Benjamin Bhembe, polisiewoordvoerder, sê die drie broers het Saterdag omstreeks 22:00 by hul broer (36) se huis opgedaag. Hulle het hom glo daarvan beskuldig dat hy die enigste erfgenaam van hul ouers se boedel was.

Bhembe sê die drie beweerde moordenaarbroers, tussen die ouderdom van 25 en 47, het glo gesê hulle ander broer leef soos ’n ryk man terwyl hulle geldelik sukkel. ’n Stryery het ontstaan en die drie mans het na bewering ten aanskou van sy vrou hulle broer aangerand. Hy is met die vuis geslaan en gestenig.

Hulle het daarna op die vlug geslaan.

Die slagoffer is na die hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.

Die drie verdagtes is kort ná die voorval in hegtenis geneem.

Meer oor:  Soshanguve
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.