Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Brown-plaasaanval: ‘Rower’ wat geskiet is glo ’n pastoor

’n Rower wat onlangs in ’n plaasaanval in Mpumalanga doodgeskiet is, was glo ’n pastoor.

Die Brown-gesin se plaashuis buite Mbombela waar hulle op 3 November aangeval is.

Die man, wat nog nie deur sy familie uitgeken is nie, is op 3 November doodgeskiet nadat hy en drie ander mans na bewering vir Henry Brown, sy vrou, Martie, (albei in hul laat 70’s) en hul seun Tommy (53) oorval het. Die gesin is met panga’s in hul plaashuis buite Mbombela aangeval.

Tommy en die rowers het in die aanval in ’n skietgeveg betrokke geraak. Hy is in die been gewond en die een aanvaller is doodgeskiet. Die ander het met Tommy se vuurwapen gevlug.

’n Bron na aan die ondersoek het Maandag gesê dat die oorledene ’n pastoor vir ’n klein gemeente in Pienaar buite Mbombela was.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes is in hegtenis geneem ná die aanval en sal binnekort in die hof verskyn.

Albert Gryvenstein van die plaaslike groep Bossies Community Justice (BCJ) sê die een verdagte is Vrydagaand in hegtenis geneem, terwyl die ander een Maandagoggend vasgetrek is.

BCJ het verlede week ’n beloning van tot R50 000 uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming van die rowers kon lei.

“Ons kan net die polisie bedank vir hul uitstekende werk en die BCJ-borge wat dit moontlik gemaak het om dié inligting te ‘koop’,” sê Gryvenstein.

Intussen sterk Brown en Tommy nog in die hospitaal aan. Martie is verlede week ontslaan, maar wil weens die trauma nie met die media praat nie.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Misdaad  |  Doodgeskiet  |  Pastoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.