Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buitelanders se winkels in Diepsloot geplunder
Die groep betogers het paaie versper en buitebande gebrand. Foto: Felix Dlangamandla
Buitelanders se winkels is Donderdag in Diepsloot geplunder. Foto: Felix Dlangamandla
Paaie in Diepsloot is Donderdag versper.Foto: Felix Dlangamandla

Inwoners van Diepsloot in Johannesburg het Donderdag buitelanders se winkels geplunder en paaie in die omgewing met klippe versper.

Hulle is glo ontevrede met die buitelanders in Diepsloot en meen hulle is by die meeste misdade in die gebied betrokke.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, sê in ’n verklaring die protesoptrede kom nadat speurkapt. Oupa Matjie onlangs in Diepsloot geskiet is.

Matjie en ’n kollega het die aand van sy dood na die verdagtes in ’n saak van poging tot moord en huisroof gesoek toe hy geskiet is.

“ ’n Groep mense het Donderdag omstreeks 08:00 na die polisiekantoor gekom en daarop aangedring om die verdagte in die saak te sien. Die verdagte het Donderdag in die landdroshof in Randburg verskyn,” lui die verklaring.

Volgens Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisiediens, was daar ’n groot polisieteenwoordigheid in Diepsloot.

Castro Ngobese, woordvoerder van die LUR vir menslike nedersettings, sê mense het die reg om aan optogte deel te neem. “Dit moet egter gedoen word sonder om die reg van ander te ondermyn. Protesoptrede moet ’n laaste uitweg wees.”


Meer oor:  Xenofobie  |  Plunder  |  Buitelanders  |  Diepsloot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.