Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buitelanders se winkels in Soweto geplunder

Winkels van buitelanders in Soweto het Woensdagaand weer deurgeloop toe inwoners die winkels in ses townships begin plunder het.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, het die inligting bevestig.

Hy sê townships wat geraak word, is Zola, Emdeni, Moletsane, White City, Zondi en Rockville.

Die aanvalle op buitelanders is soortgelyk aan ’n vloedgolf van xenofobiese aanvalle sowat ’n jaar gelede in Soweto.

Makhubele het bevestig dat winkels van buitelanders in verskeie townships sedert Woensdagaand weer deurloop.

Dit is nog nie duidelik wat aanleiding gegee het tot die jongste plundery nie, sê Makhubele.

“Die polisie hou die situasie fyn dop,” sê hy.

In dié stadium is dit moeilik om vas te stel of iemand beseer is en of enigiemand al in hegtenis geneem is.

Inwoners in White City sê dat die plundery die gemeenskap se manier is om hul woede te wys oor die aanval op polisiebeamptes in Johannesburg se middestad sowat twee weke gelede.

Meer oor:  Xenofobie  |  Soweto  |  Plunder  |  Buitelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.