Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buitelanders vas oor vermoedelik gesteelde goedere
Van die juwele waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf
Geld waarop die polisie beslag gelê het.Foto: Verskaf
Die polisie het ook op drukkers beslag gelê.Foto: Verskaf

Twee buitelanders is Maandagaand aangekeer nadat vermoedelik gesteelde goedere van meer as R5 miljoen in stoorgeriewe in Stikland en Bellville-Suid in die Wes-Kaap gevind is.

Die inhegtenisneming van die verdagtes (32 en 40 jaar) kom nadat die polisie se teen-kapingseenheid Maandag inligting oor die kaping van ’n vragmotor opgevolg het. Die vragmotor, wat sigarette vervoer het, is verlede Donderdag in die omgewing van Kuilsrivier gekaap.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê dié inligting het die polisie na ’n stoorplek in Stikland gelei, waar die sigarette gevind is.

“ ’n Voorlopige ondersoek het die beamptes na nog ’n stoorplek in Bellville-Suid gelei, waar daar op nog vermoedelik gesteelde goedere beslag gelê is.”

Rwexana sê daar was onder meer juweliersware ter waarde van R5 miljoen. Daar word vermoed dat dit verlede jaar uit verskeie juwelierswinkels in Kaapstad, Franschhoek en Stellenbosch gesteel is. Ook drukkers en kameras is hier gevind.

Die polisie het by nader ondersoek 14 gesteelde selfone ter waarde van R283 000 by een van die verdagtes se huise gekry, sê sy.

Die verdagtes is aangekeer weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere en sal in die landdroshof in Bellville verskyn sodra hulle aangekla is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.