Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bullet in tjoekie (en in trane) ná ‘bekgeveg’ in Seepunt
Die oud-Bok James Dalton (44) en sy meisie, Claire Thorne (43).

Die oud-Bokhaker James Dalton bring die naweek in die tjoekie deur. Hy is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat hy met polisielede stry gekry het op die toneel van ’n motorongeluk waarin hy betrokke was.

Dalton (44) het glo in sy vriendin, Claire Thorne, se splinternuwe BMW gery toe die botsing in die hoofstraat van Seepunt gebeur het. Volgens betroubare bronne het die moeilikheid begin toe die polisielede Dalton kort ná 20:00 Donderdag uitgevra het oor hoe die ongeluk gebeur het.

Dalton het hom glo vererg, sy vinger na die polisieman gewys en geskree hy is ’n “f****n rassis”.

Hy het glo ook vir die polisie­lede gesê hulle kan maar versterkings inroep, maar hulle kan niks aan hom doen nie. Die polisie het glo nog twee lede ontbied omdat hulle bang was vir Dalton omdat hy “baie groot” is.

Dalton is toe gearresteer en na die polisieselle in Seepunt geneem. Daar was Dalton blykbaar luidrugtig, maar hy het glo bewoë geraak toe hy hoor hy gaan nie op borgtog vrygelaat word nie.

Thorne, wat saam met Dalton in dierewelsyn werk, was kortaf toe Rapport haar gister op haar selfoon kontak: “Daar was nie ’n voorval nie. Meneer Dalton het kinders. So, julle verslaggewers moet f***f!”

Sy het die foon doodgedruk.

Dalton was in die Bokspan wat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995 gewen het. Hy is geskors nadat hy in ’n wedstryd teen Kanada in ’n geveg op die veld betrokke was.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het bevestig Dalton is op klagte van aanranding, intimidasie en verset teen arrestasie gearresteer. Hy verskyn môre in die hof in Kaapstad.

Meer oor:  James Dalton  |  Aanranding  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.