Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Burgemeester in Noordwes in hegtenis geneem

Die uitvoerende burgemeester en direkteur van die JB Marks-munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes bedien, is Vrydag deur die Valke in hegtenis geneem.

Kgotso Moses Khumalo word saam met Cyril Henry, ’n direkteur van die munisipaliteit, aangekla van bedrog en diefstal.

Albei het reeds in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

Die Valke sê in ’n verklaring die inhegtenisnemings spruit uit ’n ondersoek na ’n trustrekening.

Kgotso Khumalo, uitvoerende burgemeester van die JB Marks-munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, vroeër op ’n ANC-plakkaat.

“Sowat R5 miljoen wat vir die munisipaliteit bestem was, is in die trustrekening betaal. Dié geld is nie aan die ouditeur-generaal verklaar nie.”

Die ondersoek het ook bevind die bedrag geld is uit dié trustrekening in die beskuldigdes se private bankrekeninge inbetaal.

“Die bewering is dat fakture vervals is om dit te laat lyk of die geld gebruik is om vir dienste te betaal. In sommige gevalle is die geld na bewering aan diensverskaffers betaal vir dienste wat nooit gelewer is nie. Die verdagtes het glo daarna die geld ingevorder,” lui die Valke se verklaring.

Die hofsaak is uitgestel tot 1 Desember.

“Die beskuldigdes is op waarskuwing vrygelaat en is beveel om nie hul voete naby die munisipale kantoor te sit nie en om geen getuies in die saak te kontak totdat die saak nie afgehandel is nie.”

Meer oor:  Valke  |  Burgemeester  |  Noordwes  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.