Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Burgemeester vra vir kalmte ná skietdood in Vosloorus
Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni. Foto: Rosetta Msimango/City Press

Die burgemeester van Ekurhuleni in Gauteng het Maandag ’n beroep om kalmte gedoen nadat ’n inwoner Sondag in Vosloosrus doodgeskiet is.

Mzwandile Masina sê in ’n verklaring ’n metropolisielid en veiligheidswag is op dieselfde dag in hegtenis geneem en die polisie en onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval.

“Ons vra dat die inwoners van Ekurhuleni kalm bly ná die noodlottig skietvoorval in Vosloorus. Ek wil almal verseker dat ons nie sal rus voordat al die feite in verband met die voorval bekend is nie.”

Luidens die verklaring gaan Masina binnekort die familie van die man wat doodgeskiet is besoek, sowel as kinders wat ook in die voorval gewond is.

Die betrokke metropolisielid sal aan tugstappe onderwerp word.

News24 het berig Sibusiso Amos (41) is Sondag tydens die staat van inperking by sy huis doodgeskiet.

Volgens Opod het metropolisielede die gebied Maandag gepatrolleer en opgemerk dat mense in ’n taverne kuier. Hulle wou glo ’n inhegtenisneming hier maak toe lede van die gemeenskap opstandig raak en die polisie met rubberkoeëls geskiet het.

Amos is glo na sy huis gevolg, waar hy op die stoep doodgeskiet is. Vier kinders van tussen vyf en 11 jaar oud is ook in die skietery gewond.

Die betrokke metropolisielid en veiligheidswag sal Dinsdag in die streekhof in Boksburg verskyn.

Meer oor:  Vosloorus  |  Ekurhuleni  |  Inperking  |  Covid  |  Korona  |  Skietdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.