Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Busdienste bekommerd ná betogers nóg ’n bus brand

Nóg ’n bus van die Golden Arrow-busdiens is vandeesweek in die Kaapstadse metrogebied deur betogers aan die brand gesteek.

Dié bus is op die N2 aan die brand gesteek. Daar was geen passasiers op die bus nie, het Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder van die busdiens, by navraag gesê.

’n Brandweerman is Maandagoggend besig om ’n brandende Golden Arrow-bus in Philippi te blus. Foto: Jaco Marais

Vroeër is berig betogers het die pad tussen die R300 en Borcherds Quarry met klippe en brandende rommel versper.

Dit volg ná ’n betoging Maandagoggend oor dienslewering in Philippi. Toe het betogers ’n Golden Arrow-bus, vragmotor, twee bakkies, ’n ligte voertuig en ’n afleweringsmotorfiets aan die brand gesteek.

Drie mense is in hegtenis geneem.

Dyke-Beyer sê die busdiens het in die afgelope jaar tien busse weens brandstigting verloor. Dit kos sowat R2,4 miljoen om een bus te vervang sê sy.

“Wat meer pla, is dat dié roekelose misdadige gedrag tot ernstige beserings kan lei en mense se vermoë om werk toe te pendel, in die gedrang kan kom,” sê sy.

Golden Arrow is ’n noodsaaklike diens en daarom doen die busdiens ’n beroep op die owerhede om die nodige hulp te gee sodat die diens onbelemmerd kan voortgaan, sê Dyke-Beyer.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Bus  |  Brandstiging  |  Betogers  |  Openbare Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.