Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Busdrywer in beweerde taxi-skietery op N2 gewond

’n Busbestuurder van Golden Arrow is Vrydagoggend op die N2 getref deur ’n koeël wat glo in die rigting van ’n minibustaxi geskiet is.

Die motief en besonderhede rondom die voorval is in hierdie stadium nog onduidelik.

Die busbestuurder is behandel vir ’n oppervlakkige wond aan sy enkel, sê Daylin Mitchell, LUR vir vervoer en openbare werke, in ’n verklaring.

Volgens hom ondersoek die polisie die voorval en enige getuies word versoek om na vore te kom sodat die skuldige vasgetrek kan word.

Die voorval kom te midde van ’n ooreenkoms tot ’n skietstilstand tussen die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association (Codeta) en die Cape Amalgamated Taxi Association (Cata).

Hulle het Vrydagoggend gesê dit is in hul bestuurders en passasiers se belang dat die geskille vreedsaam eerder as met geweld opgelos word.

Wat die motief ook al is, ’n sterk boodskap moet gestuur word dat dit nie in die Wes-Kaap geduld sal word nie, en dat misdadigers agter tralies sal beland.

Die ANC, SAKP, Cosatu en die South African National Civic Organisation (Sanco) is by die bemiddeling betrokke.

Sedert Januarie vanjaar is 86 mense al in die taxigeweld dood.

“Mense wat inligting oor Vrydag se voorval het, word versoek om die owerhede te help,” sê Mitchell.

Hy het ook ’n beroep gedoen op die polisie om alles moontlik te doen om die skuldige op te spoor.

“Wat die motief ook al is, ’n sterk boodskap moet gestuur word dat dit nie in die Wes-Kaap geduld sal word nie, en dat misdadigers agter tralies sal beland.”

Mitchell sê hy het talle oproepe ontvang van lede van die publiek wat nie by die werk of skool kan uitkom nie omdat taxi’s nie op die B94-roete ry nie.

Dié roete is vanaf Maandag vir twee maande vir taxi’s gesluit weens die dispuut en geweld oor watter taxivereniging dit mag gebruik. Dit is ’n baie winsgewende roete tussen die Paarl en Bellville.

“Ek deel jul woede en frustrasie,” sê Mitchell.

“Die taxigeweld het ’n vernietigende invloed op ons kwesbaarste gemeenskappe. Op provinsiale vlak doen ons met die mag tot ons beskikking alles wat ons kan om die probleem volhoubaar op te los.”

Meer oor:  Daylin Mitchell  |  Gewond  |  Taxigeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.