Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bushiri glo reeds 3 keer terug in SA

Suid-Afrika se veiligheidsagentskappe ondersoek bewerings dat die voortvlugtige Shepherd Bushiri al meer as een keer in die land was sedert sy dramatiese ontsnapping na Malawi verlede jaar – en die laaste keer met ’n Uber ontsnap het.

Bushiri, die Malawiese stigter van die plaaslike kerkgroep Enlightened Christian Gathering, en sy vrou, Mary, het in November verdwyn en in hul tuisland opgeduik. Die uitleweringsproses is nog aan die gang.

Hulle is op borgtog van R200 000 weens klagte van bedrog, geldwassery en diefstal van meer as R102 miljoen.

Owerheidsbronne sê Bushiri was al drie keer terug. Hy het glo op dieselfde manier teruggekom as waarop hy aanvanklik landuit gevlug het. Veiligheidsagentskappe het glo die laaste keer, in April, inligting ontvang dat die egpaar in Fourways, Johannesburg, is.

’n Span van die Valke in 36 motors het by ’n veiligheidslandgoed aangekom waar die veiligheidswagte hulle nie sonder ’n lasbrief wou inlaat nie. “Terwyl die amptenare met die wagte onderhandel het, het iemand Bushiri van die dreigende gevaar vertel.”

Bushiri se lyfwagte het twee Uber-ritte bestel. Toe die twee Toyota Corollas op verskillende tye daar aankom, het die amptenare die bestuurders glo ondervra en dié het ’n vals adres in die kompleks gegee.

“Maar (hulle) het nooit die adres genoem waar Bushiri was nie omdat hulle streng opdrag gekry het om dit nie te doen nie.”

In die eerste Uber wat by die kompleks uitgery het, was daar twee lyfwagte, wat Bushiri glo laat weet het dis veilig “om uit te glip, want die amptenare gaan nie die motors na nie, en dis hoe hy uitgekom het”.

“Nadat hy uit is, het die wagte hulle by die landgoed ingelaat.” Toe die Valke by die huis inkom, het hulle twee familielede van Bushiri en ’n ander vrou daar gekry, sê die bron.

Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) het die beriggewer glo nie vertrou nie en gedink dié is net agter geld aan.

Mava Scott, SVA-woordvoerder, het in reaksie op navrae gesê: “Ons het geen lasbrief om in hegtenis te neem nie, dus kon ons nie deel van die operasie gewees het nie.”

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, wou nie kommentaar lewer nie. Fone by die Malawiese hoëkommissariaat is nie beantwoord nie.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het gesê die grensbeheerstelsel sou dit bespeur het as Bushiri met enige van die vyf paspoorte waarvan hulle weet deur die grens gekom het. Volgens hom is sy departement nie in kennis gestel van die beweerde besoek in April nie.– Norman Maswanganyi en Setumo Stone

Meer oor:  Shepherd Bushiri  |  Diefstal  |  Bedrog  |  Geldwassery  |  Predikant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.