Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Busse kan nie ry weens vullis in strate ná protesoptrede

Die Go George- openbare busdiens in George in die Suid-Kaap is Vrydagoggend ’n ruk lank vertraag toe busse in die Pacaltsdorpse woonbuurt New Dawn Park nie kon ry nie weens sakke vullis en rommel wat deur protesgangers in strate gegooi is.

Go George het onder meer op sy Facebook-blad gesê die strate is vol gemors en vullissakke en dit is onmoontlik vir die busse om oor of om dit te ry.

Die roete is later weer oopgestel nadat die vullis verwyder is.

Donderdag is ’n grootskaalse protesoptog vanaf Pacaltsdorp en Thembalethu gehou, onder meer oor munisipale dienslewering, Dit is Woensdag voorafgegaan deur protesoptrede deur onwettige besetters van grond in New Dawn Park en Seaview, ook in Pacaltsdorp. Vier mense is toe in hegtenis geneem.

Meer oor:  Go George  |  Busdiens  |  Busse  |  Protesoptrede  |  Vullis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.