Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buurman vertel hoe hy vrou uit koeëlreën probeer red

“Dit is hartseer hoe my vriendin van kindsdae koelbloedig voor haar dogter en ma vermoor is.”

So vertel Anson van Wyk (35), ’n tegnikus van Upington, wat in die vroeë oggendure van Sondag in die heup gewond is toe hy sy buurvrou en vriendin van ’n koeëlreën voor haar ouerhuis in Kalsiumstraat in Bellevue wou red.

Van Wyk het vir Samoline Solomons (35) uit die pad probeer stoot toe ’n man vanuit ’n wit motor voor haar ouerhuis op haar losbrand.

Samoline Solomons

Solomons, ’n konsultant by ’n finansiële instelling, is vyf keer getref ten aanskoue van haar tienjarige dogter en 67-jarige ma en het op die toneel aan haar wonde beswyk.

Die verdagte (42) het hom kort ná die voorval aan die polisie oorgegee en verskyn na verwagting Dinsdag in die landdroshof.

Soos vroeër berig, het Solomons en haar twee minderjarige kinders, onderskeidelik tien en agt jaar oud, tydelik by haar ouers, Sampie (70) en Muriel (67) Loubser, gewoon terwyl sy van haar man geskei het.

Van Wyk, wat oorkant Solomons se ouerhuis woon, sê hulle was besig om te kuier toe Solomons vir hom en Nelson Fanie vra om saam met haar voor die huis vir die man te wag.

Volgens Van Wyk sou die man glo haar selfoon vir haar bring.

Anson van Wyk is in die linkerheup gewond toe hy vir Solomons uit die pad probeer stoot het.

“Sy was bang om hom alleen te ontmoet nadat hy Saterdagmiddag tydens ’n rusie haar selfoon gevat het.”

Van Wyk sê die man het nog voordat hy stilgehou het, begin skiet.

Die koeël wat Maandag uit van Wyk se heup verwyder is.

“Ek het gesien hy haal ’n vuurwapen uit en wou haar uit die pad stoot toe ek gewond is.”

Hy sê ná die tweede skoot het hy gevlug. Die man het steeds geskiet en het altesaam ses skote afgevuur voordat hy van die toneel weggery het.

Van Wyk sê hoewel paramedici aanvanklik gesê het hy het ’n vleeswond opgedoen, het hy Maandagoggend gevoel iets beweeg rond naby sy heup.

Hy het hom na ’n dokter op die dorp gehaas, waar die dokter die koeël Maandagmiddag in sy spreekkamer verwyder het.

Meer oor:  Upington  |  Sluipmoord  |  Huishoudelike Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.