Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buurtwag betrap 3 met vermoedelik gesteelde koper
’n Rol koperkabel in ’n motor. Die Douglas-buurtwag het drie verdagtes aangekeer wat na bewering dié koper op ’n plaas gesteel het. Dit is sowat R20 000 werd. Foto: Verskaf

Die oplettendheid van die buurtwag op Douglas het gelei tot die inhegtenisname van drie mans wat na bewering koper van R20 000 op ’n plaas gesteel het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die buurtwag het die mans op 25 Julie omstreeks middernag aangekeer.

“Die silwer Toyota-voertuig is op die R357-roete sowat 10 km buite Douglas opgemerk.

“Die buurtwaglede het die voertuig tot stilstand gedwing. Van die insittendes het gevlug, maar almal is vasgetrek. Die buurtwag het die polisie ontbied en die mans is in hegtenis geneem.

“ ’n Rol koperdraad van R20 000 is in die voertuig gevind. Die vermoede is dat die koper op ’n nabygeleë plaas gesteel is.”

Die gebiedskommisaris in Pixley Ka Seme, brig. Nomana Adonis, het die buurtwag geluk gewens en gesê dit is verblydend wanneer buurtwagte saam met die polisie werk.

* Die polisie het Saterdag ’n tuinier op Ritchie in hegtenis geneem wat na bewering sy werkgewer se .22-pistool en ammunisie gesteel en aan ’n man in Modderrivier verkoop het. Die koper is ook in hegtenis geneem en sal aangekla word van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Meer oor:  Douglas  |  Buurtwag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.