Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buurtwag help misdaad bestry in Kimberley

Dit is danksy die werk van Wanya Tsotsi, ’n buurtwag in Galeshewe in Kimberley, dat die misdaadsyfers in dié gebied gedaal het, sê Pantsi Obusitse, een van die stigters van die buurtwag.

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag gesê Suid-Afrika is “amper soos ’n oorlogsone” toe hy die misdaadstatistieke bekend gemaak het. Daar word daagliks 57 moorde in die land gepleeg.

In Kimberley, die Noord-Kaapse hoofstad wat twee groot polisiekantore het, het misdaadsyfers egter by albei kantore gedaal. Die Kimberley-polisiekantoor is 30ste op ’n ranglys van polisiekantore in die land wat misdaadsyfers betref.

Pantsi Obusitse by ’n vorige geleentheid toe Wanya Tsotsi messe en skerp voorwerpe aan die polisie oorhandig het. Foto: Emile Hendricks

Obusitse sê die Noord-Kaapse misdaadsyfer het met 3,8% afgeneem, “en ons het gewis ’n rol daarin gespeel.

“Sedert ons stigting in Maart 2015, het ons al meer as 15 000 messe en skerp voorwerpe by mense in Galeshewe en Kimberley afgeneem en by die polisie ingegee,” sê Obusitse.

“Natuurlik het ons sukses ’n positiewe bydrae tot die daling in misdaad gemaak. Tog is die misdaadsyfer steeds te hoog. Ons kan nie gerus wees nie.

“Misdadigers voel vere vir misdaadstatistieke.”

Wanya Tsotsi het ’n bittersoet verhouding met die polisie.

“Die polisie meen dit is onwettig van ons om mense op straat deur te soek en skerp voorwerpe by hulle af te neem.

“Ons benadering is dat dit gevaarlike wapens is; dit kan iemand se dood veroorsaak. Waarom loop hulle met wapens rond?”

Wanya Tsotsi se werk word bemoeilik omdat die polisie sy lede soms in hegtenis neem en van aanranding aankla.

“Die slegte nuus is dat misdaad van nou tot met die Kerstyd gaan toeneem. Omdat ons onlangs geëis het dat Mangaliso Matika, Kimberley se burgemeester, moet bedank, laat die taxi-operateurs ons nie meer toe om die taxistaanplek en sakekern te patrolleer het. Dit skep ’n teelaarde vir misdaad.”

Nog ’n uitdaging is dat sy lede hul eie voertuie en brandstof gebruik om die stad te patrolleer.

“Ons benodig dringend borge om ons te help om misdaad te beveg,” sê hy.

Meer oor:  Galeshewe  |  Kimberley  |  Misdaad  |  Buurtwag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.