Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buurtwag keer vermeende perlemoenstropers aan

Die buurtwag van die Strand het ’n slag teen onwettige perlemoenhandel geslaan toe hulle vyf vermeende stropers help vang het.

Wayne Dyason, wetstoepassingswoordvoerder van die Kaapstad-metro, sê beamptes het Dinsdag Kusweg in die Strand gepatrolleer toe hulle ’n groep mense op die strand sien. By nadere ondersoek het hulle vasgestel dat die plaaslike buurtwag iemand voorgekeer het wat van die onwettige besit van perlemoen verdink is.

Nog vier ander vermeende perlemoenstropers is in die gebied vasgetrek en deur die stad se eenheid teen metaaldiefstal in hegtenis geneem. Twee sakke met 201 heel perlemoene en duikgereedskap is in beslag geneem. Dyason sê die stad is dankbaar dat die gemeenskap saamwerk in die stryd teen perlemoenstropers.

Daar is beslag gelê op 201 stukke perlemoen. Foto: Verskaf
Meer oor:  Stad Kaapstad  |  Strand  |  Perlemoenstropers  |  Misdaad  |  Buurtwag  |  Gevang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.