Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buurtwag trek 2 vermeende sakerowers vas

Die AfriForum-buurtwag in Uitsig, Bloemfontein, het vroeër vandeesweek gehelp om twee vermeende sake-rowers vas te trek.

Volgens Joseph Renaud, hoof van gemeenskapsveiligheid in die sentrale streek, het die veiligheidsvoorsitter van die buurtwag Woensdag omstreeks 19:00 inligting oor ’n rooftog in aanvang ontvang en patrolleerders na die toneel ontbied.

“Met hul aankoms op die toneel het hulle skote gehoor klap en gesien hoe die rowers op die vlug slaan. Twee van die rowers is op die toneel vasgetrek.”

’n Vuurwapen is by een van die verdagtes gevind en nog ’n wapen is in ’n nabygeleë tuin gevind, sê Renaud.

Volgens hom het die ander rowers met ’n voertuig in die rigting van ’n informele nedersetting gejaag. Die toneel is afgebaken en aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

“Die feit dat gemeenskapslede inligting direk aan die buurtwag kan kommunikeer, maak vinnige optrede deur die buurtwag moontlik. Dit skep ook vertroue by die gemeenskap en verskerp waaksaamheid en weerbaarheid om misdaad in die gebied hok te slaan. Goeie samewerking tussen die buurtwag, die polisie en plaaslike veiligheidsinstansies stel ons in staat om die gemeenskap in tye van nood by te staan,” sê Renaud.

Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens hom is nog twee mans Vrydagoggend aangekeer, terwyl hulle nog ’n verdagte soek. Die mans, tussen 40 en 45, verskyn binnekort in die hof op aanklagte van gewapende roof.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.