Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buurtwaglid ernstig gewond in skietery
Kobus Bekker (48). Hy is ernstig gewond toe hy ondersoek ingestel het na ’n alarm wat afgegaan het. Foto: Facebook

Die buurtwaglid wat ernstig gewond is toe hy Vrydagoggend gaan ondersoek instel het na ’n alarm wat afgegaan het se leuse op Facebook is: “Met alles wat jy doen, is jy 100% in of jy los dit”.

Inwoners van Schoemansville in Hartbeespoort in Noordwes, sê dit is hoe hulle die toegewyde Kobus Bekker (48) ken.

“Hy was nie eens Vrydagoggend op patrollie nie, maar dit is tipies Kobus om te reageer as dit klink of iemand in die moeilikheid is,” het iemand gesê.

Bekker, ’n GPF-lid, is in die linkerboarm getref. Romano van der Spuy, voorsitter van die GPF, sê die aanvaller het drie skote op kort afstand geskiet.

Bekker is per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg gebring, waar sy toestand as ernstig, maar stabiel, beskryf is.

Baldwinstraat in Schoemansville is lank deur die polisie afgesper terwyl hulle na die verdagtes gesoek het. Foto: Verskaf

Sy vrou, Nellie, het Vrydagmiddag gesê Bekker “is okei”. Sy het buite die teater gewag terwyl haar man geopereer is.

“Ek weet self nog nie mooi wat gebeur het nie. In dié stadium wag ek net op antwoorde,” het sy gesê.

Van der Spuy sê ’n inwoner met ’n straatveiligheidskamera het Vrydag in die vroeë oggendure drie verdagte mans op die hoek van Cassien- en Malanstraat gesien en die buurtwag ingelig.

Die plek waar Kobus Bekker geskiet is. Foto: Deaan Vivier
Mediese gaas lê op die toneel waar Kobus Bekker behandel is nadat hy op kort afstand geskiet is. Foto: Deaan Vivier

Bekker, wat net ’n blok daarvandaan woon, het glo kort daarna honde hoor blaf en ’n alarm het afgegaan.

Hy het uit Cassienstraat in Baldwinstraat afgestap om ondersoek in te stel.

“Intussen het die verdagtes by ’n leë erf in Cassienstraat ingegaan. Hulle is oor ’n muur met ’n elektriese heining daarop.

“Een is net oor die voorste muur terug na Baldwinstraat, toe Kobus verbygekom het. Die man het amper op hom geland,” sê Van der Spuy.

Bekker het die verdagte probeer vasgryp. Dit was toe dat die skote geklap het, sê Van der Spuy.

Die aanvallers het laat spaander.

Inwoners vertel hoe hul honde op ’n streep begin blaf en alarms afgegaan het.

Lede van die Schoemansville-GPF het “uit alle rigtings” na die toneel gejaag waar die gewonde Bekker op die sypaadjie gevind en die nooddienste ontbied is.

Intussen het die polisie saam met GPF-lede strate afgesper en erwe deursoek, maar ure later was die verdagtes steeds weg.

Bekker is na ’n nabygeleë motorhawe gebring waar die helikopter hom opgelaai het.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord. ’n Sak met huisbraakgereedskap daarin is naby die toneel gevind.

* Video: Deaan Vivier https://youtu.be/ilIPN-ZH7hQ

Meer oor:  Hartbeespoort  |  Buurtwag  |  Buurtwaglid  |  Skietvoorval  |  Gewond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.