Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buurtwagte beplan versetpatrollie

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die boerenetwerk Saai gaan Saterdag ’n landwye versetpatrollie in reaksie op teenstand teen buurt- en plaaswagte hou.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê die versetpatrollie word gehou omdat daar in sekere gevalle steeds teenkanting teen die bedrywighede van buurt- en plaaswagte is.

“Dit lyk of sommige hooggeplaaste regeringsamptenare se hooffokus nie die bekamping van misdaad is nie, want dit is presies wat buurt- en plaaswagte doen. Dit is ons grondwetlike reg om ons binne die raamwerk van die wet te beskerm en ons moedig daarom alle lede van buurt- en plaaswagte aan om hul bedrywighede te hervat.

“AfriForum verwag dat daar op vlak 3 van die inperking ’n toename in misdaad gaan wees. Dit is dus nou belangriker as ooit tevore dat misdadigers besef dat ons gemeenskappe weerbaar is,” sê Cameron.

Buurt- en plaaswagte word nie in dié tabel genoem nie.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê daar was reeds in die afgelope paar dae ’n toename in plaasaanvalle.

“Ons wil hê ons boere moet hulself kan beskerm, en een van die belangrikste maniere om dit te doen, is deur patrollies. Veral op plase kan mense nie net op die polisie vir beskerming staatmaak nie. Die boerderygemeenskap speel ’n belangrike rol om mense se veiligheid te help verseker. Ons kan nie toelaat dat die polisie mense intimideer wanneer hulle bloot hulself en hul eiendom op ’n wettige wyse wil verdedig nie,” sê De Jager.

Buurt- en plaaswagte was ingevolge regulasies nie tydens die vlak 4- en vlak 5-inperkings operasioneel nie, maar regulasie 33 (1), wat dr. Nkosazana Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, op 28 Mei uitgevaardig het, stel dit duidelik dat mense hul woonplekke mag verlaat om spesifieke dienste te lewer, met uitsondering van aktiwiteite soos genoem in tabel 2 van dié regulasies.

“Buurt- en plaaswagte word nie in dié tabel genoem nie,” sê Cameron.

AfriForum en Saai sal regshulp bied aan enigeen wat kwaadwillig in die wettige uitvoer van buurt- of plaaswagbedrywighede vervolg word.

Meer oor:  Afriforum  |  Saai  |  Ian Cameron  |  Buurtwagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.