Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bykans 1 aanval per dag bly te hoog, sê TLU SA

Die TLU SA sê hy is hoopvol oor die klein afname in plaasaanvalle en -moorde in Januarie vanjaar, vergeleke met 2019 se Januarie.

Oud-genl.maj. Chris van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, sê die organisasie hoop dat die neiging sal voortduur.

Die organisasie het in 1990 begin om voorvalle van plaasmoorde en -aanvalle aan te teken.

Verlede jaar in Januarie is 35 plaasaanvalle en ses plaasmoorde aangeteken, terwyl daar vanjaar 20 aanvalle sonder moorde aangeteken is, sê Van Zyl.

Skoolkinders kyk na die lys van name op een van die suile by die Muur van Herinnering by Nampopark, Bothaville. Die slagoffers van plaasmoorde se name word hier aangebring.Foto: Alet van der Walt

Wanneer die aangetekende voorvalle vir Januarie sedert 2015 vergelyk word, lyk die prentjie volgens die TLU SA soos volg:

2015: 23 plaasaanvalle en agt moorde;

2016: 30 plaasaanvalle en nege moorde;

2017: 26 plaasaanvalle en vier moorde;

2018: 39 plaasaanvalle en vyf moorde;

2019: 35 plaasaanvalle en ses moorde;

•2020: 20 plaasaanvalle en geen moorde.

“Die positiewe neiging kan waarskynlik toegeskryf word aan ’n groter veiligheidsbewustheid onder plaas- en hoewebewoners, asook die flinke reaksie van bure en plaaswagte,” sê Van Zyl

Hy sê die volgehoue tendens van bykans een aanval per dag – waarvan hulle bewus is – is steeds onaanvaarbaar hoog.

Die TLU SA is ook bekommerd dat die totale aantal voorvalle van 2019 vergeleke met dié van 2018 eerder op ’n toename as afname dui.

“Die data van 2019 vergeleke met 2018 toon steeds stygings ten opsigte van sowel aangetekende aanvalle – 419 teenoor 394 – sowel as die getal moorde – 56 teenoor 54,” sê Van Zyl.

“In die lig hiervan doen die TLU SA steeds ’n beroep op die regering om meer aandag te skenk aan die voorkoms van aanvalle, asook ander misdade op plase.”

Van Zyl sê die TLU SA wil hê dat die gesprekke met die nasionale polisiekommissaris moet fokus op ’n landbouvriendelike reservistestelsel, die plaaslike integrering van hulpbronne en ’n herbevestiging van die polisie dat plaasmoorde en -aanvalle ’n prioriteitsmisdaad is.

Die organisasie wil ook hê dat landbouveiligheid, wat boere se winsgewendheid en volhoubaarheid beïnvloed, nasionaal as ’n prioriteit beskou word, sê Van Zyl.

Lees meer hier.

Meer oor:  Tlu Sa  |  Januarie  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.