Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bykans 2 300 mense al vas wat inperking minag
Bheki Cele
Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Isabel Venter

Landwyd is daar reeds meer as 2 000 mense in hegtenis geneem wat nie ag geslaan het op die regulasies van die staat van inperking nie.

Volgens Bheki Cele, minister van polisie, is tot op hede 2 289 mense in hegtenis geneem wat die regulasies oortree het. Die meeste van dié inhegtenisnemings hou met alkoholverbruik verband.

Cele sê tans is 24 000 polisielede, soldate en metropolisielede ontplooi om te verseker dat mense nie die toepaslike regulasies oortree nie.

“Dit is nasionale regulasies. Wat in Limpopo moet gebeur, moet in die Wes-Kaap ook gebeur. Die Wes-Kaap moenie sy eie regulasies maak en geraas daaroor wil maak nie,” sê die minister.

Volgens Cele kan die regulasies nie sommer net deur die onderskeie provinsies gewysig word nie. As hulle voorstelle vir wysigings het, moet hulle dit voor die nasionale regering ter tafel lê, sê hy.

“Geen provinsie geniet ’n spesiale bedeling wat die regulasies betref nie.”

Die verkoop van sigarette bly dus vir almal verbode omdat dit ingevolge die nasionale regulasies nie toegelaat word nie.

“Die polisie sal dit afdwing, maak nie saak waar jy jou bevind nie – en dit sluit die Wes-Kaap in,” sê die minister.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Arrestasies  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.