Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bylmoorde: 'Mes gebruik toe Marli nie sterf'
Marli van Breda

’n Bebloede kombuismes, wat saam met ’n byl in die Van Breda-huis op die landgoed De Zalze buite Stellenbosch gevind is, is vermoedelik gebruik om te probeer om Marli van Breda (17) se keel af te sny.

’n Bron met inligting oor die ondersoek het Woensdag aan Netwerk24 gesê die vermeende moordenaar van Martin van Breda (54), sy vrou, Teresa van Breda (56), hul seun Rudi van Breda (22), en Marli het met ’n byl die slagoffers houe teen hul slaap toegedien.

Dié bebloede byl is die oggend van 27 Januarie 2015 in die huis gevind.

“Hy (die vermeende moordenaar) het besef dat Marli nie dood is nie,” het die bron gesê.

Hy het vermoedelik die mes gebruik in ’n poging om seker te maak die tienermeisie is dood.

Marli het die aanval oorleef.

Die Van Breda’s se middelste kind – Henri van Breda (21) – is Maandag in verband met sy ouers en sy broer se dood in hegtenis geneem.

Die bron het ook gesê dat Henri die oggend ná die moorde ’n bebloede merk aan sy gesig gehad het en dat die klere wat hy aangehad het, van voor vol bloed was.

Henri het Dinsdag in die landdroshof in Stellenbosch op drie aanklagte van moord, een aanklag van poging tot moord en ’n aanklag van regsverydeling verskyn.

Die saak teen Van Breda is tot 9 September vir ’n voorverhoor in die hooggeregshof in Kaapstad uitgestel.

Hy is op borgtog van R100 000 vrygelaat en mag as deel van sy borgtogvoorwaardes nie met enige van die staatsgetuies inmeng nie, hy moet ook sy reisdokumente inhandig en moet hom elke Maandag en Vrydag tussen 08:00 en 20:00 by die Parow-polisiekantoor aanmeld.

Meer oor:  Marli Van Breda  |  Henri Van Breda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.